My karakter

My karakter

Wednesday 28 May 2014

NIE MY MANIER VAN VERVOER NIE ;)


NA


VOOR


DAG 10

Ek kan nie glo dat die tien dae al verby is nie? Ek onthou nog hoe ek gevoel het in eerste jaar toe ek die hele tyd hierdie projek wou virmy het. Om 'n boer te wees kom daar ander vrantwoordekede. Jy is nooit skoon nie, jy stink altyd soos varke of hoenders, dis regtig nie my gunstelling nie.

Alhoewel ek bly is dat hierdie projek klaar is, is ek bly ek het dit gedoen. Onder al die vrees en skaamte het ek vreeslik baie geleer oor myself.

  • Ek het geleer dat ek in myself moet vertrou.
  • My selfbeeld is nie ander mense se probleem nie.
  • My selfbeeld moet my nie teveel pla nie omdat dit aardse goed is.
  • My opinie our myself is meer belangrik as iemand anders se opinie/s
  • As ek gelukkig is met myself, Soos ek is, gaan niks anders my pal nie.
  • Ek is skaam is or bang is, moet ek net my kop bo dra en niks sal my af kry nie.
  • Ek het geleer dat ek baie spesiaal is aan myself, familie en vriende en hulle het my aanvaar as 'n boer so hulle ondersteun my altyd.      

Tuesday 27 May 2014

DAG 9

MY BAAS

Vir die eerste keer hierdie week was my baas vandaag by die werk…Kon hy maar nie gewag het tot donderdag nie?

Al die belangrikke mense by die werk moes vandag daar gewees het! meetings, training en maand einde! great !

Toe ek in stap lag almal onmiddelik vir my. My tannie by die werk het net gese "hy is eintlik 'n fancy ou." Vir my was dit 'n skok omdat my tannie seeker gevoel het dat ek skaam was en gebekommerd is oor my selfbeeld in dardie oomblik. Dit wys my net dat selfbeeld so belangrik is vir eneige iemand, en ander mense se "look" jou aan tas. My tannie is die manager en sy het seker gevoel sy moes my ondersteun en se ek is eintlik 'n fancy ou? Miskien was sy ook skaam voor haar kolegas dat ek soos 'n boer aan getrek het.

My baas het net na my toe gestap, my op die skouer geraak en geese "halo, boer seun." ek kon dood gaan! Hierdie projek het my eintlik geleer dat mense se opinie niks aan my kan doen nie. Ek ster my nie  te veel aan mense nie, dankse hierdie projek. My oe is nou groter en selfbeeld sterker!

Monday 26 May 2014

WEES NET WIE JY WILL WEES

DAG 8

HOE VREEMD?

Vandag was ek so verbaas, party van my maats en my lektor het vir my geese dat ek begin lye of ek normal lyk. As of hulle al vir 'n week boere klere dra!!

Nodat hulle se dat ek normaal beginne lyk het, maak dit my warrie omdat dit my onmanlijk laat voel dat hulle dink ek like soos 'n boer! Dit is nie my "look" vir wat ek gaan nie, meer smart casual!!

Vandag het ek besef hoe belangrik 'n mens se opinie oor my is. Ek is konstant besig om mense te probeer impres om 'n goeie indruk te maak, maar ek is verkeerd. Dit maak nie saak wat mense oor jou dink nie, of hoe mense oor jou voel nie. Dit is die grootse fout wat mense se selfbeeld aantas. Dit trek 'n mens af en druk 'n mense net dieper in die grond. Te skaam om iets te se in klas of te bang om 'n nuwe look te probeer, al net omdat jou selfbeeld aan ander mense belangrik is.

Grootse les van my ouers af van ek al jonk was, "moet nie jouself aan almal steer nie". Soms vergeet ek die stelling en warrie te veel aan my selfbeeld en ander mense se opienies.