My karakter

My karakter

Wednesday 21 May 2014

DAG 3

Mees ongemaklikste dag! 

Vandag was ek na die hof toe in Stanger om my beste vriendin se saak te gaan ondersteen.
Ek wou glat nie my kaki klere gedra het nie, maar ek het. Almal het my aan gekyk as of ek in die verkeerde plek was, ek het op 'n plaas behoort nie die hof nie! Ek het ongemaklik gevoel omdat ek die ou was wie almal na gestaar het. 

Ek dink die grootste fout in my lewe is dat my eie opinie oor myself so belangrik is. Ek loop in die dorp rond op 'n gewone dag, in gewone klere en dink aan myself dat almal vir my staar. Maar ek is verkeerd meestal van die tyd. Ek is 'n baie skaam persoon en ek dink dat mense nie eers altyd vir my kyk nie, maar omdat ek altyd skaam is, verbeel ek my dat hulle almal vir my kyk. 

Ek hoop teen die einde van hierdie projek sal ek dankbaar wees vir wie ek is in my gewone "vel".

No comments:

Post a Comment