My karakter

My karakter

Saturday 24 May 2014

DAG 6

Die snaakste gevoel…

Die oomblik wat ek mooi revier verlaat het, was daar so kol op my maag. Ongemak? Skaam? Vreemd?
Ek het besef dat ek nou nie meer gemaklik gaan voel nie. Ek gaan nou terug na die ongemak, en snaakse kyke wat mense vir my gee! Ek het besef dat as 'n mense ongemaklik voel, gaan dit net nie oor wat jy dra of wat jy doen nie. Dit is ook die tiepe mense om 'n mense wat jou ongemaklik laat voel. well, dit is so met my. Ek is 'n baie skaam persoon, en die oomblik dat daar mense om my is wie ek nie ken nie, of wie ek nie van hou nie, voel ek so ongemaklik en loop ontmiddelik weg, as ek kan! Dit werk nooit in my guns nie want jy kan nie altyd wegloop nie. Party keer moet ek net daar bly en "lieg" dat ek gemaklik is.

As jy Vega vergelyk na 'n perde skou, die mense by die perde skou ken my, hulle ken die natuur van perd ry en die mense wie perd ry. Hulle lewenstyle is baie die selfde as myne. Mense by Vega, is teenoorgestel as ek. Hulle ken my nie, en verstaan nie my lewenstyl nie. Dit maak my ongemaklik, dat ek soms nie "in pas" nie.

No comments:

Post a Comment