My karakter

My karakter

Wednesday 28 May 2014

NIE MY MANIER VAN VERVOER NIE ;)


NA


VOOR


DAG 10

Ek kan nie glo dat die tien dae al verby is nie? Ek onthou nog hoe ek gevoel het in eerste jaar toe ek die hele tyd hierdie projek wou virmy het. Om 'n boer te wees kom daar ander vrantwoordekede. Jy is nooit skoon nie, jy stink altyd soos varke of hoenders, dis regtig nie my gunstelling nie.

Alhoewel ek bly is dat hierdie projek klaar is, is ek bly ek het dit gedoen. Onder al die vrees en skaamte het ek vreeslik baie geleer oor myself.

  • Ek het geleer dat ek in myself moet vertrou.
  • My selfbeeld is nie ander mense se probleem nie.
  • My selfbeeld moet my nie teveel pla nie omdat dit aardse goed is.
  • My opinie our myself is meer belangrik as iemand anders se opinie/s
  • As ek gelukkig is met myself, Soos ek is, gaan niks anders my pal nie.
  • Ek is skaam is or bang is, moet ek net my kop bo dra en niks sal my af kry nie.
  • Ek het geleer dat ek baie spesiaal is aan myself, familie en vriende en hulle het my aanvaar as 'n boer so hulle ondersteun my altyd.      

Tuesday 27 May 2014

DAG 9

MY BAAS

Vir die eerste keer hierdie week was my baas vandaag by die werk…Kon hy maar nie gewag het tot donderdag nie?

Al die belangrikke mense by die werk moes vandag daar gewees het! meetings, training en maand einde! great !

Toe ek in stap lag almal onmiddelik vir my. My tannie by die werk het net gese "hy is eintlik 'n fancy ou." Vir my was dit 'n skok omdat my tannie seeker gevoel het dat ek skaam was en gebekommerd is oor my selfbeeld in dardie oomblik. Dit wys my net dat selfbeeld so belangrik is vir eneige iemand, en ander mense se "look" jou aan tas. My tannie is die manager en sy het seker gevoel sy moes my ondersteun en se ek is eintlik 'n fancy ou? Miskien was sy ook skaam voor haar kolegas dat ek soos 'n boer aan getrek het.

My baas het net na my toe gestap, my op die skouer geraak en geese "halo, boer seun." ek kon dood gaan! Hierdie projek het my eintlik geleer dat mense se opinie niks aan my kan doen nie. Ek ster my nie  te veel aan mense nie, dankse hierdie projek. My oe is nou groter en selfbeeld sterker!

Monday 26 May 2014

WEES NET WIE JY WILL WEES

DAG 8

HOE VREEMD?

Vandag was ek so verbaas, party van my maats en my lektor het vir my geese dat ek begin lye of ek normal lyk. As of hulle al vir 'n week boere klere dra!!

Nodat hulle se dat ek normaal beginne lyk het, maak dit my warrie omdat dit my onmanlijk laat voel dat hulle dink ek like soos 'n boer! Dit is nie my "look" vir wat ek gaan nie, meer smart casual!!

Vandag het ek besef hoe belangrik 'n mens se opinie oor my is. Ek is konstant besig om mense te probeer impres om 'n goeie indruk te maak, maar ek is verkeerd. Dit maak nie saak wat mense oor jou dink nie, of hoe mense oor jou voel nie. Dit is die grootse fout wat mense se selfbeeld aantas. Dit trek 'n mens af en druk 'n mense net dieper in die grond. Te skaam om iets te se in klas of te bang om 'n nuwe look te probeer, al net omdat jou selfbeeld aan ander mense belangrik is.

Grootse les van my ouers af van ek al jonk was, "moet nie jouself aan almal steer nie". Soms vergeet ek die stelling en warrie te veel aan my selfbeeld en ander mense se opienies.

Sunday 25 May 2014

DAG 7

Bly Kalm, dis amper verby!



Dit voel vandaag dat ek al 'n maan in hierdie klere rond loop! Ek raak nou ziek om die zelfde ding te dra! vandaag was ek so geïrriteerd omdat dit soos 40 grade was ! lang kousen en 'n hemp  met 'n kraag is nie die koelste ding om te dra nie…

Ook, so ongemaklik om op die bank te le in sulke ongemaklike klere in plaas van 'n sweet pak! 'n mens raak so gewoond aan die lekker goed in die lewe en gemak. Die oomblik wat ons in 'n ander plek is, ander klere draag drae of in 'n ander situasie is, dan voel ons so ongemaklik en moedeloos. Kan dit net nou eindig asseblief tog!!

" 'n Boer maak 'n kak plan"

Saturday 24 May 2014

DAG 6

Die snaakste gevoel…

Die oomblik wat ek mooi revier verlaat het, was daar so kol op my maag. Ongemak? Skaam? Vreemd?
Ek het besef dat ek nou nie meer gemaklik gaan voel nie. Ek gaan nou terug na die ongemak, en snaakse kyke wat mense vir my gee! Ek het besef dat as 'n mense ongemaklik voel, gaan dit net nie oor wat jy dra of wat jy doen nie. Dit is ook die tiepe mense om 'n mense wat jou ongemaklik laat voel. well, dit is so met my. Ek is 'n baie skaam persoon, en die oomblik dat daar mense om my is wie ek nie ken nie, of wie ek nie van hou nie, voel ek so ongemaklik en loop ontmiddelik weg, as ek kan! Dit werk nooit in my guns nie want jy kan nie altyd wegloop nie. Party keer moet ek net daar bly en "lieg" dat ek gemaklik is.

As jy Vega vergelyk na 'n perde skou, die mense by die perde skou ken my, hulle ken die natuur van perd ry en die mense wie perd ry. Hulle lewenstyle is baie die selfde as myne. Mense by Vega, is teenoorgestel as ek. Hulle ken my nie, en verstaan nie my lewenstyl nie. Dit maak my ongemaklik, dat ek soms nie "in pas" nie.

DAG 5

Perde Skou...

Ek was verkeerd oor hierdie een !

Mense het my nie aan gekyk as of ek mal is nie. In mooi rivier is daar so baie plaase en koeie dat ek so in gepas het! shew! wat 'n verlugting. Toe ek in die kar soente gery het, langs die velde, koeie, plaase en modder, het ek so gemaklik gevoel. Alhoewel ek nie gemaklik voel in hierdie kleure nie, het die plek waar ek was my gemaklik laat voel. Dit was vir my so vreemd om boere kleure by vega te dra, want dit is in die stad, ons sien nie boere nie en my maats, ander studente en professors is nie gewoond daar aan om dit in die stat te sien nie.

So ek sal in die toekoms weet waarheen om te gaan om my boer in my uit te kry!!

Thursday 22 May 2014

DAG 4

Dit Voel as of ek al my hele lewe kaki klere drae!!!

Kan nie wag vir die tien dae om verby te wees nie. Ek moet erken, ek is al gewoond daar aan om my kaki klere aan te trek. Ek word wakker en kyk nie eers na my klere kas nie. Selfde klere maak darem my keuse op! Niks meer van "wat moet ek vandag drae nie" of "Ma! waar is my sandale"

Vandag was dit so koud toe ons een van ons toetse geskryf het, maar ek het aan houdind vir myself gese "'n boer word nie koud nie". Ek het maar aanvaar dat ek 'n bietjie hoender vleis gaan kry.

 More gaan ek na 'n perde skou toe en ek sien glad nie uit na die mense wat my ken se reaksies nie. Gelukkig, lyk meestal van hulle ook soos vuil, plaas mense. As jy hulle vergelyk na die studente by vega, sel ek stem dat ek meer by die perde mense in pas as wat ek so by vega aantrek!

Wednesday 21 May 2014

DAG 3

Mees ongemaklikste dag! 

Vandag was ek na die hof toe in Stanger om my beste vriendin se saak te gaan ondersteen.
Ek wou glat nie my kaki klere gedra het nie, maar ek het. Almal het my aan gekyk as of ek in die verkeerde plek was, ek het op 'n plaas behoort nie die hof nie! Ek het ongemaklik gevoel omdat ek die ou was wie almal na gestaar het. 

Ek dink die grootste fout in my lewe is dat my eie opinie oor myself so belangrik is. Ek loop in die dorp rond op 'n gewone dag, in gewone klere en dink aan myself dat almal vir my staar. Maar ek is verkeerd meestal van die tyd. Ek is 'n baie skaam persoon en ek dink dat mense nie eers altyd vir my kyk nie, maar omdat ek altyd skaam is, verbeel ek my dat hulle almal vir my kyk. 

Ek hoop teen die einde van hierdie projek sal ek dankbaar wees vir wie ek is in my gewone "vel".

Tuesday 20 May 2014

DAG 2

My langste dag ooit!

Elke dinsdag het ek klas vir die hele dag! Dit beteken dat ek langer ongemaklik gevoel het.

kan mense net op hou staar? Is ek die eerste boer wat hulle al ooit gesien het? Ek dink nie so nie!
Vandag was 'n groot dag. Ek was bank toe en werk toe! Kan jy aan eneige iets erger dink? Almal is so gewoond aan my klere drag, ewe skielik is dit as of die mense my verskillend hanteer? Hulle is nie erenstag nie want hulle bly vir my lag! 

Dit is hoe ek gaan lyk vir die volgende paar dae! 





Monday 19 May 2014

DAG 1

Dit gaan 'n lang tien dae wees!

Almal het aan my gestaar asof ek van 'n ander planeet af is. Die petrol joggie wat my daagliks help het net vir my een kyk gegee en gelag. Hy kon sy oe nie glo nie!

My ouers se natuurlik, ek maak 'n antreklikke boer! ek dink, Nee!!

Toe ek by Vega aan kom was ek so senuweeagtig, my been het so weskit in die kar. Die gevoel van onsekerheid en skate het my lighaam ann getas. Ek is so gewoond om normaal te lyk en gemaklik te voel, toe ek verskillend lyk en voel, was dit as of ek nie myself geken het nie. 

Vandag is ek 'n Boer

Vandag begin ek my projek as 'n afrikaanse boer. Ek was glat nie opgewonde toe ek besef het dat hierdie dag hier was nie! kaki klere, lang kouse en vellies!